TRIZ

TRIZ is 'n geromaniseerde akroniem uit die Russies wat "Teorie van vindingryke probleemoplossing" of "Teorie van die oplos van uitvindingsprobleme" beteken. Dit is ontwikkel deur die Sowjet ingenieur en navorser, Genrich Altshuller en sy kollegas waar hulle in 1946 aan die tegnieke begin werk het.

TRIZ is 'n metodologie, stel gereedskap, kennisbank en modelgebaseerde tegnologie vir die skep van vindingryke idees en oplossing vir probleemoplossing. TRIZ verskaf die gereedskap en metodes wat gebruik kan word om probleme te formuleer, om stelsels te analiseer, om foutanalise te doen en patrone te herken tydens die ewolusie van 'n stelsel. TRIZ het in kontras met ander soortgelyke tegnieke soos dinkskrums 'n vasgestelde algoritmiese benadering tot die uitvind van nuwe stelsels en die verfyning van ouer stelsels.

TRIZ verskyn in die publieke domein en kennis daarvan word ook geberg deur verskeie handelsfirmas. Daar is nog geen vorm van 'n volledige en oop TRIZ ontwikkelingsproses sigbaar nie. Verskeie kampe ding mee om die beheer van TRIZ en die interpretasie van sy bevindings en toepassings.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search